FOTO: Willem Loubser

Maak dit self

Maak dit self: Borduur self jou uiltjie – video’s

 

Elke huis moet minstens een só ’n handgeborduurde kunswerkie hê.

 

Benodigdhede

 

Borduur uil

  • ’n Medium-grootte borduurraam;
  • ’n stukkie stewige linne;
  • string-borduurgare in wit, grys, drie soorte bruin en twee soorte groen;
  • skerppunt borduurnaald (met ‘n groot oog);
  • viltpen met verdwyn-ink;
  • uilontwerp; (Kry jou uilontwerp HIER)
  • skerp skêrtjie.

 

 

Ontwerp

Maak ’n ekstra afdruk van die ontwerp op ’n fotostaatmasjien, of trek dit na op papier.

Knip die uiltjie uit.

Volg die foto en speld die papierpatroon in die middel van die linne en trek buitelyne na met ’n viltpen. Verwyder en teken detail in.

Borduur só

STAP 1: Verdeel die borduurstringe en borduur met 3 borduurdrade saam.

Begin met wit en borduur die buitelyne van uil se gesig in kettingsteke.

Neem grys gare en borduur die buitenste lyn om die uil, ook in kettingsteke.

STAP 2: Borduur die takkie in groen in agtersteke. Borduur ook die halfmaantjie van elke oog, asook pootjies in donker bruin in agtersteke.

Borduur

STAP 3: Borduur die twee blaartjies in liggroen kettingsteke.

STAP 4: Werk een lang steek in donkerbruin vir elke wimper.

STAP 5: Borduur snawel  in roesbruin satynsteke.

STAP 6: Maak veertjies met ‘n enkele veersteek, afwisselend in grys en bruin.

STAP 7: Werk alle los drade stewig weg.

Span styf in borduurraam en knip oortollige materiaal rondom af.

FOTO: Willem Loubser

FOTO: Willem Loubser