liggies maak dit self woon
Maak dit self

VIDEO: Maak ’n lig van ’n ou fles

So ’n lig kan as tafelversiering gebruik word, of dit kan ’n oulike bedlampie wees as jy dit elektrifiseer.

Jy het nodig:

• ’n skoongewaste fles
 matglas-spuitverf (Frosted Glass, by die meeste groot ysterwarewinkels)
• leë boks
• liggie wat met batterye werk

Maak so:

Plaas die fles in die boks en spuitverf dit. Die boks verhoed dat jy alles rondom ook spuitverf.

Laat droog word en herhaal indien nodig. Plaas batteryliggie binne-in.

As jy dit wil elektrifiseer: Koop ’n spesiale boorpunt vir glas en porselein en boor in die een sykant ’n gaatjie waardeur jy fleksdraad kan ryg. Heg die gloeilamphouer aan die kant van die fleks wat in die fles is en aan die ander kant die kragprop. Gebruik ’n LED-gloeilamp wat nie warm word nie.