FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Maak dit self

Wenke vir ’n vertikale tuin

As jy regtig min spasie het om tuin te maak, oorweeg ’n vertikale tuin.

Wanneer daar nie meer beddingspasie is nie, maak eerder ’n tuin wat boontoe groei. In die boek Jane’s Delicious Gardening (Sunbird, R295) deur Jane Griffiths verduidelik sy die voordele van ’n vertikale tuin:

1. Groente word opgelig van die grond af, wat gogga-aanvalle beperk en wat help dat die groente reg rondom ryp word.
2. Die verbeterde lugvloei help om siektes te bekamp.
3. Plante met verskillende behoeftes, maar wat goed is vir mekaar, kan gekombineer word as pasmaats.
3. Plante wat lief is vir lig hou daarvan om na die son te rank.
4. Die kroon van talle plante, soos eiervrug en rissies, word baie swaar wanneer hulle vrugte dra. As hulle omval, sal dit die hele plant benadeel. Deur die plante aan ’n vertikale struktuur vas te maak, help om hulle gesond te hou.

Daar is baie verskillende maniere om vertikaal tuin te maak. Jy kan ’n driepoot-struktuur gebruik vir bone en ander rankgroente soos komkommers en spanspekke. ’n Traliewerk teen ’n muur is die perfekte vertikale struktuur. Jy kan ook plante soos grenadella teen ’n swembadheining laat rank.

FOTO: Growbag

FOTO: Growbag

Al jou plante hoef ook nie direk in die tuin geplant te word nie. Jy kan dit in plantmandjies plant en ophang teen ’n muur, heining, traliewerk of selfs ’n paal. ’n Vertikale tuin kan werklik in ’n klein spasie geskep word.

FOTO: Growbag

FOTO: Growbag

Soil for Life in Kaapstad is ’n organisasie sonder winsbejag wat mense leer hoe om gesonde, organiese kos te verbou deur eenvoudige, goedkoop en omgewingsvriendelike metodes te gebruik. Hulle leer mense hoe om water verantwoordelik te gebruik en werk veral in minder bevoorregte gebiede waar hulle inwoners wys hoe om ’n volhoubare tuin in ’n baie klein spasie te maak. Manuela Wall, ’n entrepreneur van Kaapstad, was so geïnspireer deur die werk wat Soil for Life doen dat sy besluit het om plantsakke van ou advertensieborde te maak. Dit het gelei tot haar reeks, GROWbag, wat bestaan uit verskillende soorte plantsakke waarmee jy kan tuinmaak.

FOTO: Growbag

FOTO: Growbag

Die sakke van herwinde advertensieborde sluit perfek aan by Soil for Life se beginsel van herwinning. Hulle leer minder bevoorregte gemeenskappe dat jy kan herwin en dat afvalmateriaal gebruik kan word om ’n groentetuin te maak, selfs in die kleinste spasie, volgens Jo Fuller van Soil for Life. Die verkope van Growbag-plantsakke maak dit vir Manuela moontlik om sakke aan Soil for Life te skenk vir hul projekte.

FOTO: Growbag

FOTO: Growbag

Ons vier Sondag 9 Oktober Tuindag in Suid-Afrika. Om jou te help om jou tuimaakvermoë te verbeter, kan jy die gratis app, Gardening with Babylonstoren, op jou selfoon aflaai. Daar gaan jy baie hulp kry met tuinmaak-inligting en jy het ook toegang tot tuinkenners.

Hou jy van mooi tuine? Dan sal jy mal wees oor die Kaapstadse Blommeskou van 27 – 30 Oktober – lees HIER meer.

Blommeskou Instagram