Maak dit self

WINTER-LIG

WINTER-LIG
Met glase en plastiek-vorms kan jy die mooiste kerse maak – en dis makliker as wat jy dink.

A
PAPIER-KANDELARE

Benodigdhede
A4-velle handgemaakte papier; els of skerp spyker; skerp skêrtjie; klein glas-kershouers.

Maak só
• Druk ’n eenvoudige gaatjiespatroon op die vel
papier of knip klein V-vorms (wat jy effens oopvou) in
gelyke rye.
• Vou die papier in silindervorm en plak vas.
• Plaas oor die kershouertjies.
Wenk: Laat sny glassirkels van sowat 12 cm in deursnee, plak glasklonte vir “voetjies” vas en plaas jou papierkandelare hierop.

B
SILINDERVORMIGE KERSE OP MOSAÏEKHOUER

Benodigdhede
PVC-pype van verskillende diktes en lengtes; kerswas; kerspit; ou kastrol of metaalketel; sosatiestokkie.

Maak só
• Seël die pyp aan een kant met ’n konfytbotteldeksel en wondergom.
• Maak ’n klein gaatjie in die middel van die deksel vir die kerspit.
• Jy giet die kers dus onderstebo en sal ’n netjiese plat bokant hê wanneer jy dit ontvorm.
• Ryg die kerspit deur die gaatjie, draai die los punt om die sosatiestokkie en laat die stokkie in die middel oor die pyp rus.
• Sorg dat die pit styf span en reg in die middel pas.
• Laat die pyp stewig staan op ’n veilige plek waar dit ongestoord kan stol en afkoel.
• Smelt die was oor lae hitte en laat dit afkoel tot die regte temperatuur.
• Giet dit in die vorm en laat stol.
• As daar holtes ontstaan, vul dit op wanneer die was afgekoel het.
• Laat weer afkoel en maak wondergom

C
TAK-NESSIE

Benodigdhede
Snoeitakkies van min of meer dieselfde lengte; plastiek-kabelbandjies (cable ties).

Maak só
• Pak die takkies opmekaar in ’n vierkant-vorm en trek vas met die kabelbandjies.
• Plaas nou weer ’n paar oor die hoeke en trek vas.
• Gaan so voort tot jy die verlangde hoogte het.

D
KOEKIEVORM-KERSE

Benodigdhede
Papier-koekievorms of dik plastiek- of glasvorms; kolwyntjiepan.

Maak só
• Plaas die papiervorm in die kolwyntjiepan en giet die was daarin.
• Trek die kerspit deur die was en knip dit in kort lengtes.
• Wanneer die was amper gestol is, druk die kerspit in die middel van die kersie in.

E
KEËLVORMIGE, VIERKANTIGE EN SILINDERVORMIGE KERSE

Benodigdhede
’n Dik keëlvormige plastiekglas (of enige ander interessante vorm); ’n stuk PVC-pyp; skuurpapier of draadborsel; ’n gekoopte vierkantige kersvorm.

Maak só
• Maak ’n gaatjie in die onderpunt van die keël en giet die kers soos hierbo beskryf.
• Maak die silindervormige kers soos beskryf, maar maak jou was warmer as 63 º C.
• Sodra die kers ontvorm is, skuur dit met egalige hale met skuurpapier of ’n staalborsel om ’n grein-effek te kry.
• Gebruik die gekoopte vorm volgens die vervaardiger se aanwysings.
• Die keëlvormige en vierkantige kers se was is teen ’n laer temperatuur (sowat 63 º C) gegiet om so ’n effek te verkry.

F
KERS IN ’N BOKS

Benodigdhede
Stewige kartonboks; kerswas; kerspit; handgemaakte papier; kontakgom; sosatiestokkie; klein gewiggie, bv. ’n moertjie.

Maak só
• Knoop die gewiggie aan ’n lengte kerspit.
• Draai die ander los punt om die sosatiestokkie tot die regte lengte en laat dit in die middel van die boks hang sodat kerspit styf span.
• Plaas die boks op ’n dik laag koerant.
• Smelt die was soos hierbo beskryf, giet ’n lagie onderin die boks en laat stol sodat alle moontlike gaatjies verseël is. Dit hou ook die gewiggie en kerspit in posisie.
• Giet tot bo en laat afkoel.
• Trek die boks en deksel oor met die handgemaakte papier.
• Maak ’n gaatjie in die middel van die deksel en druk ’n knoop met ’n steeltjie daardeur.
• Steek ’n stukkie draad deur die knoop-steeltjie en buig toe.