FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Maak so met ou bottels

’n Glasbottel is nie ’n weggooiding nie, as jy dit nie herwin nie, kan jy iets moois daarmee doen.

1. Versier dit

Draai stroke growwe linne om die bottel en strik vas met tou. Rangskik vetplante en sade daarin as blomme skaars is.

bottel1

FOTO Henk Hattingh

 

2. Dek met bottels

Gekleurde glasbottels is by kombuiswinkels te koop, maar ’n skoongewaste wynbottel met yskoue water daarin lyk net so mooi.

Photographer Rodger February of SARIE Magazine, Styled by Danny Toua

FOTO Willem Lourens

 

3. Maak blompotte daarvan

Gebruik al jou oorskiet-emaljeverf en gooi ’n bietjie in elke bottel of flessie. Draai die bottel in die rondte tot verf die hele binnekant bedek, gooi oortollige verf uit en keer om.  Draai ná paar uur om en laat kurkdroog word voor jy dit gebruik.

bottel 3

FOTO Ryno

 

4. Kombineer dit met mooigoed

Maak ’n groep van jou gekleurde glas en sit ’n gekleurde bottel daarby. Die bottel op die voorgrond is met glasverf (by stokperdjiewinkels) geverf.

bottel4

FOTO Ryno

 

5. Maak ’n geskenk daarvan

Koop vloeibare seep by die groot maat, gooi dit uit in ’n mooi bottels of flessies en voeg kaneelstokkies by. Verseël die prop met gesmelte kerswas en bind ’n mooi kaartjie om die nek.

Photographer Rodger February of SARIE Magazine

FOTO Willem Lourens

Lees nou

Dekor: tropiese trend

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

VIDEO: Weet jy wat is ’n tussie-mussie?