FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Maak mooi met emalje

Moenie jou ou (of nuwe) emaljegoed wegsteek nie. Gebruik dit, stal dit uit of rangskik blomme daarin.

1. Maak ’n groep

Maak ’n mooi winterrangskikking in jou emaljegoed. Gebruik een of twee moderne vase by ’n paar ou emaljestukke. In die beker is ’n aalwyntak (wat jy agterna in die tuin kan druk) en in die blou bottels is vuurpyle gerangskik. ’n Olyftakkie is in die kommetjie.

woon-open_006

2. In die kombuis

So ’n groepering van oud en nuut pas in enige kombuis. Stal vrugte daarin uit of gebruik dit as potplanthouer. En het jy geweet jy kan die heel lekkerste skilferkorsmelktert in ’n blikbord bak?

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

3. Gebruik dit buite

Die emalje-emmer en -kom is die fokuspunt op dié stoep. Dit versag die swartgrys van die braaiplek en die emmertjie vol vrugte gee kleur.

decor_103

FOTO Ryno

 

4. Maak slaapplek

Die twee Jack Russells (Rolo en Jessie) het die groot deegskottel as hul bed geannekseer.

house8_345

FOTO Ryno

 

5. Mooiste mooi

Sekerlik is niks mooier as ’n emaljekom vol vars kwepers nie.

decor_038

Lees nou

Dekor praat kopstukke

Planne met ’n swartbord

Herstel dekorfoute