FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Maak ’n bedkopstuk – in ’n dag!

Die bedkopstuk kan binne ’n dag gemaak word. Voer die tema deur en verf jou muur soos die grysblou lug en monteer ’n stewige tak waaraan jy jou gunsteling-rok ophang.

easter_010

FOTO Ryno

Maak sloop vir kopstuk so: Neem n stuk linne, groot genoeg om oor jou bedkopstuk te pas. Drapeer dit met die verkeerde kant na buite oor die kopstuk en speld die kante af. Haal af en trek nate na met n verdwyn-inkpen. Maak spelde los en vou materiaal oop. Vergroot die tekening op ’n fotostaatmasjiein tot die verlangde grootte. Knip voëltjie en blare uit wit lap. Plaas in posisie op voorkant en ryg vas. Gebruik dik borduurgare, brei- of hekeldraad en borduur die pote en stam in kettingsteek. Voltooi sloop: Stik op synaatlyne, keer om en trek oor kopstuk.

 

woon illustrasie

Die mure is eers met Plascon se Comfort Blue geverf en daarna met onegalige kwas-hale (gebruik ’n bree kwas) met Honky Tonk Blue.

Lees nou

Speel met geel

Dekor vir winterwarmte

5 dekor-idees vir mans