FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Maak pakplek mooi

Sorg dat jy genoeg bêreplek het vir alles. Soos die spreekwoord lui: Elke ding het ’n plek, elke ding op sy plek. Hier is n paar idees:

1. In n boks

In dié kombuis het die eienaars besluit om nie ’n konvensionele muurkas te installeer nie. Eenvoudige boksvorms, party met net twee kante, is in ’n interessante formasie opgesit.

pak1

FOTO Henk Hattingh

 

2. n Agtermekaar laai

Orden jou juweliersware deur dit in klein bakkies of selfs teekoppies te sorteer. Plaas dit in ’n laai en sit ’n stukkie wondergom aan die onderkant vas sodat dit nie rondskuif nie.

pak2

FOTO Henk Hattingh

 

3. Netjiese werkplek

Die ruimte onder ’n tafel is lekker stoorplek. Steek dit weg agter ’n gordyntjie wat jy met drukspykers om die tafel vassit.

pak3

FOTO Henk Hattingh

 

4. Hake en rakke

’n Kapstok is nie net vir jasse en hoede nie. Dit kan ook ’n uitstalplek wees vir mooigoed of juweliersware. Gebruik jou muurspasie deur oop rakke te installeer en kies dubbeldoelige meubels soos hierdie bankie op die voorgrond waarvan die sitplek kan oplig vir ekstra stoorplek.

pak4

FOTO Ryno

 

5. Onder die trap

Dié spasie word dikwels onderbenut. Die doelgemaakte rak is nie net pakplek vir boeke nie, maar ook bêreplek vir wyn, blompotte en los goed.

pak5

FOTO Ryno

Lees nou

Dek dit mooi

NUUT: Inspirasie uit Mali – plaaslik geweef

Gee jou kaste nuwe lewe