FOTO Cotton On

Dekorstories

Maak reg vir somer

Almal hunker dié tyd van die jaar na luilekker dae op stoepe of langs die swembad. Die winkels is propvol dekor-items om die lewe buite lekker te maak. Ons wys ’n paar waarvan ons hou.

1. Opblaas-speelgoed

Ons is mal oor die vrolike verskeidenheid opblaas-plastiekspeelgoed vir die swembad. Daar is ’n verskeidenheid in die vorm van flaminke, waatlemoenskywe, pynappels en talle meer, te koop by Mr Price home. Dis geskik vir oud en jonk se Kerskouse.

mrprice

 

2. Langs die swembad

’n Spinternuwe reeks kontemporêre handdoeke en eetgerei, spesiaal vir die buitelewe, is tans beskikbaar by Cotton On-winkels.

Cottonon210511_FA_RGB

FOTO Cotton On

 

3. Swemhanddoek en sak

Saam met ’n verskeidenheid mooi handdoeke is daar ook strandsakke te koop.

Cottonon3ACR03531_Poolside_10504_FA_RGB

FOTO Cotton On

 

4. Sit gemaklik

Rig jou stoep of patio so in dat dit lyk soos ’n buite-sitkamer. ’n Paar ekstra vloerkussings maak dit nog geselliger. Meubels, matte en kussings is te koop by @home.

@homebuite4

FOTO @home

 

5. Kampbed vir buite

As jy nie buitemeubels het nie, slaan gerus ’n kampbed op vir die somerseisoen en rig ’n lekker sit/lêhoek in. Dekor-items is te koop by @home.

Buite@home5

FOTO @home

Lees nou

Maak pakplek mooi

Dek dit mooi

NUUT: Inspirasie uit Mali – plaaslik geweef