Dekorstories

Maak tuin uit die kombuis

Wat het ’n piesangskil, Engelse sout, asyn en kaneel met mekaar te doen? Dit, en nog vele meer, is wat jy nodig het vir ’n lowergroen tuin of balkontuin.

1. Gooi witasyn in ’n spuitkannetjie en spuit dit op die onkruid op jou plaveisel. Baie meer ekonomies en omgewingsvriendeliker as konvensionele onkruiddoder.

2. As jy steggies maak, druk dit in ’n bietjie heuning om die gesnyde kant te steriliseer en te voed.

3. As jy nie kompos en beenmeel het om in ’n plantgat te gooi nie, snipper ’n piesangskil. Dis ryk aan kalium en sal groei stimuleer.

4. Hou die water waarin jy eiers en groente gekook het, want dis vol voedingstowwe. Laat dit afkoel en gooi dit oor jou potplante.

Simple recipes

FOTO Simply Recipes

5. Kaneel kan plant-hormoonpoeier vervang en werk plantsiektes teë.

6. Engelse sout (Epsom salt) is ryk aan magnesium en kan opgelos word in water. Spuit plante daarmee nat of strooi om jou plante

Sout lees nou blocks

7. Herwinbare teesakkies en koffiemoer kan om plante ingespit word. Dit voed nie net nie, maar hou ook die grond klam

8. Maak van ’n 2-liter-melkkan ’n oulike gieter. Maak gaatjies in die prop (boor of kap met ’n dun spyker) en gooi jou potplante hiermee nat.

Lees nou

’n Kas wat pas

’n Stoel wat woel

Bly kalm met ligblou