FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

’n Bietjie rooi maak baie mooi

Rooi staan ook bekend as die towerstaffie-kleur in dekor. Bring een rooi item in ’n vertrek en sien hoe die hele ruimte begin lewe.

1. Begin by die voordeur

’n Rooi voordeur heet jou hartlik welkom. Kies ’n kleur soos Fire Cracker 3 of Volcanic Splash 3. ’n Goeie pasmaat vir rooi is turkoois soos Javan Dawn 4 (almal Dulux). Vir deure en hout moet jy ’n oliebasis-verf kies.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

2. Verf jou tafel

Maak jou eettafel weer splinternuut deur net die pote te verf. Onthou, jy hoef nie dae lank te skuur as daar vernis aan die tafel is nie. Maak dit net grof met ’n paar hale skuurpapier, verf ’n onderlaag (universal undercoat) voor jy jou kleur verf. Die groot geheim is om verf kurkdroog te laat word tussen lae.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

3. Helder jou slaapkamer op

Rooi kussings op ’n spierwit bed is vrolik en treffend. Maak sommer jou eie van Duitse sis of rokmateriaal. Mans is mal oor rooi (veral ’n vrou in ’n rooi rok) en so ’n rooi-en-wit slaapkamer sal ook in hul smaak val. Dit werk ewe goed in ’n kinderkamer vir seuns of dogters.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

4. Wat van strepe?

Plak maskeerband op gelyke afstande op ’n raam. Verf eers die een kleur, laat kurkdroog word en plak dan maskeerband oor die geverfde deel. Verf die tweede kleur, laat kurkdroog word en trek maskeerband af.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

5. Vernuwe fotorame

As verf vir jou ’n te langsame proses is, gebruik dan spuitverf. Koop ’n blikkie spuitverf-onderlaag om gladde verfwerk te verseker. Laat droog word (dit word vinnig droog) voordat jy die finale kleur spuitverf. Gebruik ’n groot boks wat jy op sy sy draai. Maak ’n raam daarin staan en spuit dit met egalige hale. Moenie die kannetjie te naby aan die raam hou terwyl jy spuit nie.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Lees nou

Brei ’n trendy flamink-kussing

’n Plan met ’n ottoman

Kiskenades