FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

’n Plan met ’n ottoman

Elke huis het sekerlik ’n ottoman of twee. As jy moeg voel vir joune of as dit al effens afgeleef lyk, het ons ’n paar slim planne daarmee.

1 Gebruik dit as ’n bedkassie

Koop by ’n ysterwarewarewinkel 4 silinderpote om die ottoman effens hoër te maak. Knip ’n lappie groot genoeg om netjies om die pote te pas en plak dit met kontakgom vas. Stik ’n sloop wat netjies oor die ottoman pas, vou die onderrand netjies weg en kram dit vas. Skroef die pote op die vier hoeke vas.

ottoman1

FOTO Ryno

 

2 Maak ’n bankie

Laat sny ’n steierplank in lengtes van jou keuse (ons het twee planke gebruik) en plaas dit op jou ottomans vir ’n ekstra sitplek .

ottoman2

FOTO Ryno

 

3 Skink die koffie

Maak of laat maak ’n los oortreksel vir 3 ottomans wat styf teenaan mekaar gestoot is om so ’n lekker groot koffietafel te maak.

ottoman3

FOTO Ryno

 

4 Pleks van ’n stoel

As ruimte beperk is, gebruik ’n ottoman wat netjies onder ’n tafel kan inskuif.

ottoman4

FOTO Ryno

 

5 Bring kleur in

So ’n leer-ottoman in ’n interessante kleur is modern en prakties. Soortgelykes te koop by Moroccan Warehouse.

ottoman5

FOTO Verskaf

Lees nou

Speel met spieëls

Letters en woorde

Kiskenades