FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

’n Stoel wat woel

Kyk met nuwe oë na ’n kombuisstoel. Dit pas letterlik oral. Maak dit weer nuut met ’n helder kleur, of verf ’n paar stoele elk ’n ander kleur vir bonte verskeidenheid!

1. Kunstige stoele

Teen ’n kaal muur of in ’n voorportaal lyk twee kleurryke stoele vrolik. Hier’s hulle onder ’n skildery van Madelein Marincowitz. Gebruik die stoele se sitplekke om jou mooigoed op uit te stal.

stoel1

FOTO Ryno

 

2. Aan tafel

Met ’n mooi groot vadoek en ’n sagte kussing verander jy die voorkoms van jou stoel. Vou die vadoek (of enige ander mooi lap wat jy omsoom het) oor die rugleuning en werk bindbande op gelyke hoogtes vas.

stoel 2

FOTO Ryno

 

3. Spaar ruimte

As jou blyplek klein is, kan jy só ruimte skep: Hang jou stoele teen die muur op aan stewige hake. Skuif die tafel teen die muur vir beweegruimte.

stoel 3

FOTO Ryno

 

4. Ken jou plek

Maak of koop vir elke stoel sy eie stoelversiering en hang dit aan jou stoele.

stoel 4

FOTO Ryno

 

5. Voor die bad of bed

Meet die ruimte tussen die sparre van die stoelpote noukeurig en laat sny ’n dik stuk glas of hout volgens maat. Plak dit vas met kleurlose silikoon op die sparre om ’n ekstra rak te maak.

stoel 5

FOTO Ryno

Lees nou

Bly kalm met ligblou

Lente-skoonmaak

Hier’s die boom van die jaar!