FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Het jy gehoor?

’n Stukkie Afrika op die Tuinroete

Ons vier Afrika-dag en wat is mooier as ’n huis subtiel geïnspireer deur Afrika? As jy hier instap, voel dit soos op ’n plaas in Afrika. Die atmosfeer is warm en gul, dis gevul met memento’s uit die natuur en meubels met stories, en as bonus het dit ’n asemrowende uitsig oor Knysna.

Italia Greig het ná die dood van haar man, die bekende juwelier Charles Greig, sowat 20 jaar gelede eers alleen op hul groot eiendom langs die Vaalrivier gebly. Maar omdat hulle albei ’n sagte plek vir Knysna gehad het, het sy besluit om hierheen te trek. Die huis is hoog in die Simola Hill-omgewing geleë en sy het dadelik verlief geraak op die uitsig en die ruie plantegroei om haar. Dit is een van haar heel groot liefdes, die natuur. Haar ouma Helen Burton was immers een van die stigterslede van die Kirstenbosch Botaniese Tuin.

FOTO Henk Hattingh

Italia is self ’n kunstenaar

Italia het op 19 getrou, vier seuns grootgemaak en tussendeur pottebakkerslesse geneem en baie jare lank porseleinvoëls en -diere gemaak. Haar seun Charles het ’n beeldhoukursus gedoen en was eintlik haar groot inspireerder om dié kuns te bemeester. Dit was vir haar ’n hele nuwe lewe wat oopgegaan het en sy kon nou haar geliefde Afrika-diere in brons uitbeeld. Sy hou elke jaar ’n uitstalling van haar werke.

Dan is sy ook ’n uithalerkok wat graag onthaal, sy kan die heerlikste en interessantste stories vertel, sy reis gereeld in Afrika of oorsee en daar is niks waarin sy nie belang stel nie – ’n vrou wat inspireer.

Reis saam

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Hierdie ellelange geelhout-bokkietafel vorm die ruggraat van die sitkamer. Die eienaar, Italia Greig, het dit 30 jaar gelede by ’n antiekhandelaar in Johannesburg gekoop. Hierop het sy haar koffietafelboeke oor verre plekke uitgestal, met ’n ou kaart daarby. Die treffende beeldhouwerk van die bobbejane is deur haar seun Donald.

Kleurryk en statig

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Italia se liefde vir kleur word weerspieël in haar sitkamer, waar sy twee songeel banke het met baie kussings. Dit loop uit op ’n breë stoep. Die boekrak dra by tot die warm gevoel van die vertrek. Waar hierdie boekrak staan, was eers ’n piepklein slaapkamer wat die mooi uitsig verbloem het. Sy het die binnemure laat uitslaan om lig in te laat en die uitsig optimaal te benut.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Wenk: Volg Italia se voorbeeld, wees eerlik teenoor jouself sonder om blindelings nuwe tendense na te jaag, en laat geld jou voorliefde vir ’n spesifieke styl dwarsdeur jou huis.

Kook en kuier

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Die eetkamer en kombuis is een groot vertrek en hier kook en onthaal Italia, wat ’n uithalerkok is, alte graag. Om hierdie tafel kuier sy en haar vier seuns en hul gesinne lekker saam. In die winter kook Italia graag op die swart stofie en dit hou ook die vertrek lekker warm.

In ’n sonkol

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Hierdie oranje stoel uit Tanzanië, bedek met Afrikakraletjies, is een van Italia se gunsteling-meubelstukke.

Kunsateljee

FOTO Italia se ateljee, wat aan die eetkamer grens, is haar toevlug, en vir ’n besoeker is dit ’n plek van verwondering. Hier skep sy haar lewensgetroue beeldhouwerke.

FOTO: Italia se ateljee, wat aan die eetkamer grens, is haar toevlug, en vir ’n besoeker is dit ’n plek van verwondering. Hier skep sy haar lewensgetroue beeldhouwerke.

’n Stukkie hemel

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Hierdie mooi geelhouthemelbed het Italia laat maak, en die beddeken het sy uit ’n besonderse geborduurde stuk lap gemaak. Die mure is met Earthcote geverf en die balke is oop gelaat vir ’n gevoel van ruimte. Op die agtergrond is haar badkamer.

Wenk: Laag-op-laagmatte voor jou bed sorg vir warmte.

Slim planne vir klein ruimtes

’n Stoep met ’n uitsig

FOTO Henk Hattingh

FOTO: Die diep stoep het sy laat aanbou en hier leef en werk sy in die somermaande. Blindings wat afgetrek kan word, keer die felste somerson. Die vloer is van balauhout. Aan die een kant is ’n sithoek ingerig en in die ander hoek ’n eettafel. Die bank is gedrapeer in Afrikadoeke en verder gesellig gemaak met groot, sagte, kleurryke kussings.

Wenk: Nuut van Decorland, beskikbaar by Game-winkels, is rolblindings vir buitestoepe of patio’s. Dis veral bestand teen ons warm son.

5 vertikale tuine wat óns inspireer