Jacques business portrait - Social media jpegs-19
Dekorstories

Nuwe tendens: Hanglampe van laaghout & jy kan een WEN!

5 vrae aan Jacques Cronje, vervaardiger van Minima-hanglampe.

Jacques Cronje, ’n argitek wat spesialiseer in houtvoorwerpe, het in 2012 in sy motorhuis begin lampskerms vervaardig. Sy handgemaakte lampskerms is nou so gewild dat hy vanjaar by die gesogte dekorskou Maison&Objet in Parys kon uitstal.

Jacques business portrait - Social media jpegs-19

FOTO Verskaf

1. Hoe het jy jou besigheid begin?

Ek het met ’n rowwe idee en skets in my kop rondgeloop en in 2013 ’n prototipe aan die verskaffers Province Lighting gewys, wat dit dadelik opgeraap het. Ons het ook in 2014 aan die Design Indaba-skou deelgeneem. ’n Nederlandse organisasie, wat nou saamwerk met plaaslike organisasies soos die CCDI (Cape Craft Design Institute) om plaaslike ontwerpers te mentor en gereed te kry vir die uitvoermark, het ons gehelp. Vandag is ons ’n span van vyf met ’n fabriek in Capricorn Park, Muizenberg.

2. Waar vind jy inspirasie?

In natuurlike vorms en patrone, soos riffels wat die wind in sand waai.

3. Waar word Minima-ligte verkoop?

By Studio 18 in die Woodstock Foundry. Ons het ook verskaffers in Johannesburg, Durban, die Tuinroete, Hermanus en Kaapstad.

4. Beskryf kortliks jul produkte

Minima is ’n reeks doelgemaakte digitaal ontwerpe hangligte van berke-laaghout. Ons gebruik glad nie gom nie, want die verskillende komponente glip en klik inmekaar.  Die hout word verseël met ’n waterbasis-seëllaar.

Lumen white background

FOTO Verskaf

Radiant white background

FOTO Verskaf

Aura 56 white background

FOTO Verskaf

Flare white background

FOTO Verskaf

5. Hoe kry jy dit reg om op ’n skou soos Maison&Objet in Parys uit te stal?

Ons was gelukkig om deel van ’n groep van 10 plaaslike ontwerpers te wees wat  gekies is om uitvoere na die Europese Unie te bevorder. My raad is om plaaslik blootstelling op trendskoue te kry en eers saam met ander ontwerpers uit te stal.

Besoek Minima vir meer inligting of volg Minima op Instagram by @minima_design.

Een gelukkige SARIE-leser kan een van die ligte in Jacques Cronje se reeks, die Lumen-lig, ter waarde van R3 250, WEN! Vul net jou besonderhede in.

Lumen white background

FOTO Verskaf

Jy kan WEN - vul jou besonderhede in

Lees nou

Kleurtrend: Geel

Hortjies binne en buite

Die nuutste matte