FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Gee jou kaste nuwe lewe

Om kaste te vervang, veral in n kombuis, is ’n duur storie. Met n vars laag verf en nuwe deurknoppe kan jy wondere verrig. Hier  is n paar nuwe knoppe wat nou beskikbaar is.

1. Byderwets vir die kombuis

Die argitek Sarah-Jane Jackson se kombuiskaste is geverf met Dulux se kleur 50GY55/066. Vir ’n unieke voorkoms het sy besluit op keramiek-kasknoppe van kunstenaar Esra Bosch.

SARAH-JANE7

FOTO Henk Hattingh

 

2. Knoppe met prentjies

As jy op soek is na iets anders, kan jy kies uit die oulike versameling knoppe wat te koop is by Handles Inc. Pryse vanaf R30 per knop.

Handles_Inc_Nesu_knobs_IMG_4072_LR

FOTO Handles Inc

 

3. Porselein-knoppe

By Poetry-winkels is daar ’n hele versameling porseleinknoppe om uit te kies. Pryse vanaf R30 per knop.

1294940954.jpgpoetry30

FOTO Poetry

1295010929.jpgpoetry30

FOTO Poetry

 

4. Knoppe van geslypte glas

Kies die knoppe vir ’n klassieke, gesofistikeerde voorkoms. Koop dit in ’n pak van 2 vir R89,99 by H&M.

glasknoppe89,99

FOTO H&M

 

5. Knoppe van metaal-en-glas

Die knoppe (R129 vir 2) is in pas met die nuutste trends, H&M.

kasknoppehm

Lees nou

Dekor-trend: Marmer

5 kits-dekorplanne

#SARIEkrismis: Versier jou borde só!