delft5
Dekorstories

Ons hou van Delft-blou

Die wêreldbekende Delft-motief is ’n ware kanniedood. Dit het sy oorsprong in die 17de eeu toe breekware met dié blou-en-wit motief in en om die Hollandse stad Delft geproduseer is. Die afgelope paar jaar het sy gewildheid in die dekorwêreld opnuut herleef en die patroon is nou te sien op breekgoed, tafeldoeke, kussings, teëls en beddegoed. Dit pas by enige dekorstyl en bly klassiek.

1 Die moderne weergawe

Die interieur-ontwerper Hendré Bloem het die voorportaal van die Greyton Lodge met ’n nuwe weergawe van Delft oorgedoen. Die kunswerke is van Sarah Pratt en die naakte gloeilampe is ook met ’n Delft-patroon beskilder.

delft1

FOTO Hendré Bloem

2 Tuis in die kombuis

Die ou melkbeker het ’n ereplek in die moderne kombuis. Dit skep ’n huislike atmosfeer en word funksioneel gebruik met vars kruie daarin.

sr0611dekor08.tif

FOTO Ryno

3 Maak ’n stillewe

’n Delft-teepot voltooi die mooi stillewe van ’n Karoo-landskap, ’n ou silwer- en ’n vlekvryestaal-teepot.

delft3

FOTO Ryno

4 Dit is ook kuns (maak dit self)

As jy ’n ou gekraakte bord het – of as jou gunsteling-bord gebreek het – kan jy mosaïekwerk daarmee skep. Verf ’n stuk laaghout in ’n kleur van jou keuse en laat kurkdroog word. Plaas die bord in posisie soos op die foto. Sit ’n veiligheidsbril op en slaan die bord met ’n hamer stukkend. Moenie so hard slaan dat die stukke spat nie. Plak dit nou met teëlgom vas in die gebreekte patroon. Skuif stukke net effens uitmekaar en behou die ronde vorm van die bord. Laat oornag droog word. Laat raam profesioneel.

delft4

FOTO Ryno

5 Teël dit bont

Bont teëls in veral blou en grys is nou weer hoogmode. Teël mure of werkvlakke so vir ’n klassiek-kontemporêre voorkoms. Soorgelyke teëls by Italtile en CTM

delft5

FOTO Ryno

Lees nou:

Steek die kerse aan

Versier uit die natuur

Maak ’n bedkopstuk – in ’n dag!