SARIE kreatief - Bestel joune hier!
Jy sien dit oral: snoesige truie, toevou-jasse en warm serpe. Elke teepot en bakkie spog met ’n mussie.
Bestel hier jou SARIE Kreatief:
Meer oor SARIE Kreatief
Is ons verbaas?
Nie as jy weet van trends en die mensdom se behoefte aan koestering verstaan nie.
Is ons by SARIE geïnspireer?
Wat vra jy nog! Vandaar SARIE kreatief, ons nuwe tydskrif, binnekort op die rak. Met 25 patrone vir modegilets, ’n oorvou-pasjmina en handsak tot moderne truie én iets vir hom en die kleingoed!
16 Mei net by sekere winkels landwyd sáám met sekere eksemplare van die Junie-SARIE (R79,95) te koop.
Sou jy die spesiale aanbod misloop, kan jy SARIE kreatief op sy eie teen R59,95 (posgeld uitgesluit) by Julian Padua bestel. Kontak hom Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 16:30 by 021 446 5118; e-pos: wmverkope@media24.com
Verwante artikels
-
SARIE Kreatief: 12 ekstra breipatrone
SARIE Junie 2011 | Kommentaar: 45
In SARIE Kreatief word verwys na 12 ekstra patrone - Hier is hulle
















Kommentaar
Anne-Marie het gesê:
Ek het my olifant truitjiepatroon vir kinders verloor en weet dit was in die 26 Junie 1991 uitgawe van Sarie. Is dit moontlik dat jul dit vir my kan epos asb of faks na 0866706639. Ek sal dit verskriklik waardeer.
9de Mei. 2012, 10:33Ingrid Wagener het gesê:
Dagsê! Ek het iewers aanlyn gelees dat mens kan e-pos en sê waar SARIE nie in winkels beskikbaar is nie...by die Cherry Lane Pick 'n Pay in Brooklyn, Pretoria, is daar nog nie die Mei-uitgawe beskikbaar nie. Is julle net laat, of het die winkel die uitgawe nooit gekry nie? Groete Ingrid Wagener
20ste Apr. 2012, 10:41Maggie vd westhuizen het gesê:
Is dit nog beskikbaar?
2de Apr. 2012, 13:50Sonja Roux het gesê:
Ek het n breipatroon in Sarie kreatief gesien, Oorvou-pasjima in Sarie kreatief. Ek woon in Hartbeespoort en het wolwinkel tuis asook in Pretoria besoek maar hulle se die tipe wol kom van Engeland af en hul stock dit nie. Kan u my dalk se waar ek hierdie Sidar-Nomad in die hande kan kry en of daar n alternatief is wat ek kan gebruik wat soortgelyk is?
15de Mar. 2012, 10:53Maria het gesê:
Brei en hekel is weer in. Is dit moontlik dat julle dalk nog die onderbaaitjie patrone van 19 Maart 1980 het. My ma het dit gebere, maar die eenhelfte het verlore geraak. Kan julle dalk help
27ste Feb. 2012, 08:15Petro Wagenaar het gesê:
Ek het my bestelling geplaas en wag in ogewondenheid!!!
9de Jul. 2011, 23:18Vossie Joubert het gesê:
Ek is so teleur gestel. Waar is julle tweede uitgawe. Ek kry hom nerens.
9de Jul. 2011, 21:01Estelle Smith het gesê:
Waar kan ek die patroon in ENGELS kry vir die Duffelse baadjie en gebreide steweltjies vir baba. Ek kan nie brei nie maar my tannie kan, maar nie in AFRIKAANS nie.
8ste Jul. 2011, 16:19Gertje het gesê:
mense, as julle nie die Sarie Kreatief in die hande kan kry nie, soek dan vir 'n Idees boek of (Ideas -ook in engels beskikbaar. Daar is altyd tonne nuwe idees van alles en nog wat in. Beslis die moeite werd !
6de Jul. 2011, 13:52Marié van der Westhuizen het gesê:
Ek kry Sarie Kreatief nerens nie, het Milnerton, Table View, N1 City en Canal Walk se winkels gefynkam. Waar ken ek dit koop?
30ste Jun. 2011, 15:22Petro Wagenaar het gesê:
hi daar Saiie Jou kreatiewe deel is nerens in Heidelberg Guateng beskikbaar, was al vir 2 weke elke dag soekend Help asb....wil jou so bitter graag ontmoet se my net waar
29ste Jun. 2011, 10:07Ria het gesê:
Sarie Kreatief is 'n fantastiese idee - ek sal net graag 'n dikker tydskrif wil sien met meer patrone in, veral hekelpatrone. Ek het ook twee Saries moes koop - die een met die serp en 'n rukkie later die een met Kreatief. Maar die kwaliteit is goed, ek sien uit na meer.
14de Jun. 2011, 14:26Esmarie Meiring het gesê:
Ek het die Sarie Kreatief, maar die truitjies wat ek wil brei is nie een in my grootte nie, so dit help my nou niks. waar kan ek die patrone in groter groottes kry? Ek is borsmate 102 - 107 cm.
13de Jun. 2011, 23:18Surina Bouwer het gesê:
IAs dit moontlik dat julle vir my iets kan stuur wat al die afkortings wat in hekel gebruik word verduidelik?
8ste Jun. 2011, 07:39Heleen van Rustenburg het gesê:
Waar in RUSTENBURG is Kreatief te koop, al moeg gesoek by al wat 'n winkel is, maar hulle weet nie waarvan ek eers praat nie. Waar in RUSTENBURG is Kreatief te koop, al moeg gesoek by al wat 'n winkel is, maar hulle weet nie eers waarvan jy praat nie. Julle het ons so opgewonde gehad met die Kreatief, maar waar???
7de Jun. 2011, 21:16Chrisna het gesê:
KIMBERLEY - Sarie Kreatief is by Diamond Pavillion se Checkers te koop. Ongelukkig het my suster dit reeds vir my in Somerset Wes gekoop en dis in die pos. Maar dalk is daar ander Kimberliete wat nog soek!
6de Jun. 2011, 08:02Monica Booysen het gesê:
Waar kry ek Sarie kreatief in die Bergbron omgewing asseblief? Het uitgekyk daarvoor maar kan dit nie kry nie!
31ste Mei. 2011, 09:10Jorinn het gesê:
Ek het vir Kreatief by die CNA in Wernhill in Windhoek gekry. Ook nadat ek reeds my Sarie gekoop het. Sou dit ook apart verkies het. Sien uit na volgende uitgawes.
30ste Mei. 2011, 15:02Jenni het gesê:
Ek is nogal teleurgesteld!! Ek het die Sarie gekoop met die gratis serpie in. Later hoor ek van die Sarie Kreatief!!! Nadat ek meeste van ons winkels plat geloop het om dit in die hande te kry, het ek een by CNA Westgate raakgeloop. Dit is nou regtig nie 'n winskopie @ R80.00 nie. Ek het reeds R30.00 betaal vir die Sarie, nou moet ek nog een koop met die Kreatief wat dan eintlik dan R50.00 is. Dit is so 'n dun bylae, dat dit regtig nie vir my R50.00 werd is nie. Ek is 'n groot Sarie aanhanger en koop als, van Sarie, Sarie Kos, Sarie kos vir mans, Sarie Woon & Sarie Gesond, maar vir so 'n dun bylae, betaal ek nie R50.00 ekstra nie. Gaan die volgende uitgawes darem die prys werd wees?
30ste Mei. 2011, 12:07Estelle Dannhauser het gesê:
waar o waar in die vaaldriehoek????? ek loop my voete plat!!! thanx vir die serp maar ek soek die kreatief boek. ek het eers onlangs leer hekel en kan nie meer wag nie. hoekom is dit net by "sekere winkels" beskikbaar??? nog nooit so gesukkel om 'n tydskrif bylaag in die hande te kry nie?? doen julle dit aspris om die arme getroue leser te toets???? HELP ASSEBLIEF
29ste Mei. 2011, 19:47Gerlene het gesê:
Genade, dis seker uitgeverkoop ons party plekke. En die wat so kla oor jul ver bly....heelbo hier is 'n bestelvorm waardeur jy op die net die tydskrif kan BESTEL.
29ste Mei. 2011, 00:33Maryna kruger het gesê:
Help where kan ek sari kreatief Koop Bly In Dainfern golf estate naby 4ways shopping centre groete Maryna kruger"
28ste Mei. 2011, 21:47Sandra het gesê:
Oe ek kon nie wag om die Sarie Kreatief te verslind nie!!!!!!!!!!!! Ongelooflike inspirasie. Ek is 'n mens wat nie lank met een projek besig kan bly nie. Hierdie tydskrif bied heerlike vinnige en maklike (goed wat ek kan brei voor die TV) patrone. My dogter is 2de jaar op universiteit en mal oor hekel en brei (en moenie glo nie - sy is nie koekerig nie) maar volgens haar is brei die ding die jaar vir oud en jonk. Sy gaan beslis daardie handsak brei- wie sou nou kon dink om met tou te brei. So, Sarie BAIE BAIE geluk met jul tydskrif - jul maak dat ons jongmense ook die kuns wil bemeester deur die maklike en "up-to-date" patrone. As daar net 'n klomp ingewikkelde kabels en goed is dan verloor ek moed voordat ek begin het. Dankie N.S Ons moet dat ons handwerk en kosmaak van die verlede voortbestaan, met die dat naaldwerk en huishoudkunde nie meer verpligtend is op skool nie is dit ons plig om dit aan die lewe te hou.
27ste Mei. 2011, 13:13Melanie het gesê:
Hallo het gister my Sarie Kreatief gaan koop en vandag uiteindelik tyd gekry om dit te lees. Ek hekel graag. Ek moet eerlik wees en se dat ek eintlik baie teleurgesteld is. Daar is min patrone en dit is eintlik meer gefokus op beginners. Ek kan ongelukkig nie julle 1ste uitgawe aanbeveel nie maar sien uit na julle 2de een en hoop dat julle sal verbeter.
25ste Mei. 2011, 18:12Chantelle Olckers Fourie het gesê:
Waar kan ek dit in die hande kry in die Edenvale omgewing? Laat weet asb:)
25ste Mei. 2011, 11:04Chrisna het gesê:
Nie honderd jaar gelede nie was die Kreatief tydskriffie GRATIS saam met Sarie. Nou moet ons 'n hele klomp ekstra betaal daarvoor. O ja, dis nou AS dit in jou dorp te kry is! Hoekom is dit nie maar net orals beskikbaar nie? As ek kyk na die ander kommentare is dit redelik duidelik dat daar landswyd 'n behoefte is en nie net by seker winkels nie. Ek dink julle maak meer mense ongelukkig met hierdie aanbod as wat julle harte bly maak!
25ste Mei. 2011, 09:24SARIE het gesê:
@ Lizette en @Marlene Hier is die link na die 12 ekstra patrone: http://www.sarie.com/woon/maak-dit-self/sarie-kreatief-12-ekstra-breipatrone
24ste Mei. 2011, 10:27SARIE het gesê:
@Marianne, kry jou SARIE Kreatief by Checkers in Durbanville
24ste Mei. 2011, 09:35SARIE het gesê:
@ Belia, gaan loer by Pick 'n Pay Gardens of Pick 'n Pay by die Waterfront
24ste Mei. 2011, 09:34SARIE het gesê:
@Elizabeth, SARIE Kreatief is ongelukkig nie in Loeriesfontein beskikbaar nie, maar watter ander dorpe is naby aan jou?
24ste Mei. 2011, 09:32SARIE het gesê:
@Liefie, kyk by Pick 'n Pay Pavilion, CNA South Coast Mall, CNA Umhlanga
24ste Mei. 2011, 09:30SARIE het gesê:
@ Lizelda, kyk by die Pick 'n Pay Ruimsig, Pick 'n Pay Clearwater, Pick 'n Pay Fourways Crossing, en Pick 'n Pay Randpardridge
24ste Mei. 2011, 09:27SARIE het gesê:
@Christene Kyk by Pick'n Pay by die Hemmingsway Mall, CNA Vincent Park en Pick 'n Pay Family, Greensfields
24ste Mei. 2011, 09:25SARIE het gesê:
@Jane, in Ermelo sal jy SARIE Kreatief in die Pick 'n Pay en CNA vind
24ste Mei. 2011, 09:22SARIE het gesê:
@Reinette Dit is in die Pick 'n Pay in Malmesbury beskikbaar
24ste Mei. 2011, 09:21lizette hayward het gesê:
ek sukkel boonop om by sogenaamde 12 ekstra patrone op sarie .com uit te kom.
23ste Mei. 2011, 19:19Marlene het gesê:
Sal ook baie bly wees as iemand my kan sê hoe ek by die ekstra 12 patrone uitkom!
23ste Mei. 2011, 15:18Marlene het gesê:
Ag nee Sarie - kan net my stem by die koor voeg! Het die hele Pretoria platgery vir Sarie Kreatief, of die spesiale uitgawe waarmee dit sou saamkom (soos-in.... regoor Pretoria!). Uiteindelik maar die Sarie met die serpie gekoop en gewag om die Sarie Kreatief alleen te koop. Maar nee, hier lê Sarie toe 4 dae later met die Kreatief daarby, en heelwat duurder! Ek moes dit natuurlik hê en sal nou maar die ekstra Sarie vir iemand as geskenk gee, maar voel regtig suur daaroor
23ste Mei. 2011, 15:10Esther het gesê:
Ek het reeds die Sarie met die serpie gekoop nou moet ek n ander Sarie koop met die kreatief boek in dan sit ek moet twee boeke hoekom nie in al die Sarie Boeke n kreatief ingesit nie
23ste Mei. 2011, 15:02Mathilda het gesê:
Nee Sarie, ek is sommer vies. Eers kom Sarie met serpie 2 dae voor Sarie met kreatief uit. Teen daardie prys kan ek nie nog 2 Saries ook bekostig nie. Ek ruil Sarie serpie vir Sarie kreatief teen 'n prys natuurlik en voel toe sommer ingedoen, want die dure Sarie kreatief het geen serpie. Die patrone is glad nie watwonders en ek sukkel boonop om by sogenaamde 12 ekstra patrone op sarie .com uit te kom.
23ste Mei. 2011, 13:52Marianne van Schalkwyk het gesê:
Waar in Bellville kan ek die spesiale aanbod koop. Het reeds my Junie Sarie gekoop. Hoekom bring julle nou 2 boeke uit, want die Kreatief is nog nie alleen bekikbaar nie, wat beteken dat ek nou 2 Junie uitgawes moet koop?
23ste Mei. 2011, 13:20Belia King het gesê:
Waar in Kaapstad middestad is dit beskikbaar?
23ste Mei. 2011, 13:18Elizabeth Visser het gesê:
bly in die noord kaap te Loeriesfontein en al wat ons by ons spar kry is die met die serpie in. Kan ons nie ook daarvan hier kry nie
23ste Mei. 2011, 13:04liefie het gesê:
Hello Sarie Se asb waar die SARIE KREATIEF te koop sal wees in Durban - Amanzimtoti area - dit is net nerens nie! Liefie.
21ste Mei. 2011, 21:24Lizelda het gesê:
Dankie. Het alreeds by Pick & Pay gekek maar dis nie op rak? My ma kry dit ook nie by een van die Pick & Pay's in Witpoortjie, Westgate, Roodepoort omgewing?
21ste Mei. 2011, 12:06Christine het gesê:
Waar kan ons dit in Oos-Londen kry? Kan nie meer wag nie!
21ste Mei. 2011, 09:52Lizette het gesê:
SARIE Kreatief is fantasties!!! Kan nie wag vir die volgende uitgawe nie - hou so aan SARIE!
21ste Mei. 2011, 09:36Joan het gesê:
Ek is 500km van die naaste plek waar ek dit miskien sal kan koop!!! Help my hoe kan ek dit in die hande kry???
20ste Mei. 2011, 15:55Jane het gesê:
iIs Sarie Kreatief in Ermelo in Mpumalanga te kry en waar?
20ste Mei. 2011, 15:50Reinette het gesê:
Kan julle asseblief vir my laat weet waar op Malmesbury dit te koop sal wees
20ste Mei. 2011, 12:11SARIE het gesê:
@ Elize en @Hermien In Pretoria kan jy gaan kyk by CNA Menlyn, CNA Kollenade, CNA Irene Mall, CNA Hatfield, Pick n Pay Waterkloof Rand en Pick n Pay Lynnewood Ridge.
20ste Mei. 2011, 11:07SARIE het gesê:
@ Esther Dit is te koop by Pick n Pay (Walker Drive) en CNA (Green Acres en Summerstrand) in Port Elizabeth
20ste Mei. 2011, 11:03SARIE het gesê:
@ Alda dit is beskikbaar in Pick n Pay in Alberton
20ste Mei. 2011, 11:00SARIE het gesê:
@ Trudie SARIE Kreatief is beskikbaar in Stellenbosch by Pick n Pay by Stellenbosch Square
20ste Mei. 2011, 10:59SARIE het gesê:
@ Karin, CNA in Centurion het SARIE Kreatief
20ste Mei. 2011, 10:58SARIE het gesê:
@Alet dit is by die Pick n Pay family beskikbaar in Witbank
20ste Mei. 2011, 10:57SARIE het gesê:
@ Sannie jy kan in Vereeninging by die Pick n Pay in 3 Riviere kry, of in Boksburg by die Checkers Hyper, of by die CNA in Heidelberg of in Springs by Pick n Pay in Springsgate
20ste Mei. 2011, 10:55SARIE het gesê:
@ Petro SARIE Kreatief is by CNA en Pick n Pay te koop in Klerksdorp
20ste Mei. 2011, 10:47SARIE het gesê:
@Lizelda in Westonaria is dit by die Pick n Pay beskikbaar
20ste Mei. 2011, 10:45SARIE het gesê:
@Ilze Jy kan dit by Pick n Pay in Plumstead of Pick n Pay Family in Rondebosch kry
20ste Mei. 2011, 10:44SARIE het gesê:
@Martie in Pietermaritzburg is die SARIE Kreatief beskikbaar by Pick n Pay Hayfield, Pick n Pay Victoria, Pick n Pay Howick, CNA Midlands, CNA Heyfields en Pick n Pay Liberty Mall
20ste Mei. 2011, 10:42Lizelda het gesê:
En nou Sarie? Se julle nou niks meer nie?
20ste Mei. 2011, 08:49Trudie het gesê:
Waar kan ek KRETATIEF in Stellenbosch/ Somerset-Wes koop?
19de Mei. 2011, 22:51Elize het gesê:
Ek en my vriendin het ons nou al poegaai gesoek in Pretoria-oos area. Vertel ons tog asb waar ons dit kan kry???
19de Mei. 2011, 20:34Alda het gesê:
Waar kan ek die boek kry, ek woon in Alberton?
19de Mei. 2011, 16:57Hermien het gesê:
Waar kry ek die pakket met die nuutste Sarie en Kreatief - ek woon in Pretoria area
19de Mei. 2011, 14:23Esther Greeff het gesê:
Waar in Port Elizabeth kan ek die Sarie Brei kry?
19de Mei. 2011, 10:38Karin het gesê:
By watter plek sal dit in Centurion omgewing beskikbaar wees. Het al by verskeie plekke gesoek
19de Mei. 2011, 10:35Alet het gesê:
Waar kry mens Sarie Kreatief in Witbank? Het al amper oral gesoek?
19de Mei. 2011, 08:15SANNIE VENTER het gesê:
LEKKER! Kan nie wag nie, maar waar van die volgende naaste dorpe sal dit beskikbaar wees? Vereeniging, Boksburg, Nigel, Heidelberg Gauteng, Springs.
18de Mei. 2011, 17:44Petro Cronjé het gesê:
Is die Sarie Kreatief in Klerksdorp te koop ? Indien wel waar?
18de Mei. 2011, 12:24Lizelda het gesê:
Hi, waar kan ek Sarie kreatief in Westonaria koop?
18de Mei. 2011, 07:18Ilse het gesê:
Waar kan ek Sarie Kreatief in die Suidelike voorstede van Kaapstad kry?
17de Mei. 2011, 16:49Ilse het gesê:
Waar kan ek Sarie Kreatief in die Suidelike voorstede van Kaapstad kry?
17de Mei. 2011, 16:49Martie het gesê:
Is die Sarie Kreatief dalk in Pietermaritzburg beskikbaar en waar?
17de Mei. 2011, 16:41SARIE het gesê:
@Tania Jy kan dit by Pick 'n Pay in Somerset-Wes in die hande kry.
17de Mei. 2011, 16:29Tania het gesê:
Hi, waar kry ek die SARIE Kreatief in Somerset-Wes/Strand omgewing?
17de Mei. 2011, 15:07SARIE het gesê:
@ Gertna kliek op WOON, die partoon lê daar.
17de Mei. 2011, 14:30SARIE het gesê:
@Marietjie SARIE Kreatief is ongelukkig nie in Namibië te koop nie.
17de Mei. 2011, 14:28SARIE het gesê:
@Chrisna, ongelukkig is SARIE Kreatief nie in Kimberley te koop nie, stuur die naaste dorp aan Kimberley en ons laat weet jou of dit daar beskikbaar is.
17de Mei. 2011, 14:27SARIE het gesê:
@Selma Dit is in die Pick 'n Pay Family in Vredenburg beskikbaar.
17de Mei. 2011, 14:24Selma Syfert het gesê:
Waar kry jy die tydskrif in Vredenburg te koop?
17de Mei. 2011, 13:34Laetitia Swanepoel het gesê:
Ek hwet nou net die Sarie Kreatief by die Waterfront CNA gesien, maar het reeds my Sarie per pos ontvang. Dit lyk baie opwindend, maar hoe nou? Laetitia
17de Mei. 2011, 13:20mattie het gesê:
Ek dink julle bemarking laat julle in die steek! Waarom die twee tydskrifte saam verpak? Julle gaan mos baie meer verkoop as dit apart is!
16de Mei. 2011, 10:13Gretna Bredenkamp het gesê:
Dankie vir julle wonderlike tydskrif. Wr kry ek die gebreide mussie se patroon, soos geadverteer op p. 121 in die Junie-sarie?
13de Mei. 2011, 13:41Karin het gesê:
Ek stem saam met Reinette = gaan dit afsonderlik te koop wees?
13de Mei. 2011, 13:08Reinette het gesê:
Hoe kan ons wat intekenare is dit in die hande kry, aangesien ons reeds die Sarie het en dit net saam met die Sarie beskikbaar is. Reinette
11de Mei. 2011, 11:59Marietjie Buys het gesê:
Gaan dit te kry wees in Namibia
30ste Apr. 2011, 17:19Chrisna het gesê:
Kan julle dalk 'n aanduiding gee by watter winkels dié tydskrif te koop gaan wees? Kimberley?
18de Apr. 2011, 13:35Annie het gesê:
Julle!! Kan julle nie die Tuis/Kreatief & Kos in EEN tydskrif gesit het nie? Nou is daar net te veel Saries!!!!
18de Apr. 2011, 09:39Estella het gesê:
Whohaa! Sien uit hierna!
15de Apr. 2011, 19:01