Dis binnekort Kersfees! Die kos, dekor en modes vir saamkuier
Foto’s: Donna Lewis Galery
Ervaar die vreugde van saamdoen en saambeleef. Daar’s versierings om te maak, ’n Kersboom om te tooi en ’n kostafel om te dek vir ’n saamkuier-fees!
In die Desember-uitgawe van SARIE vier ons fees. Kom sit aan vir 'n heerlike spyskaart wat Herman vir jou bymekaargesit het.
SPYSKAART
Voorgereg
* Deelkos met papierbrood
Hoofgereg
* Lamsribstuk met ’n pistasieneut-kors en baba-groente
* Oondgeroosterde hoender gevul met okkerneute op baba-aartappels
* Heuninggebakte beetslaai met korrelmosterd-sous
Nagereg
* Kersfees-sjokolade-terrien
* Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie (foto regs)
Kry dié resepte ook op jou selfoon.

’n Kerstafel − mooi, en so eenvoudig! Hout, papier en glas is saam-saam elegant, en Chanel-pienk en room dié koel skakerings vir ’n warm Afrika-fees. Die dekorspan wys hoe. Laai ook sommer dié gratis stensil af en tooi jou kersboom met fraaie voëltjies. En as jy ook so 'n banier met uitgesnyde letters en ander tooisels (soos gesien in die Desember-uitgawe van SARIE) wil hê, besoek gerus Good Letter Best.
Op die modefront put ons inspirasie uit die tydlose styl van Coco Chanel en dié sleutel-items waarvoor sy so bekend is: 'n Wit manshemp, tweedbaadjie, chainlink-handsak, pêrels, 'n oopknooptrui, 'n manspak, vlootstrepe en die swart rok. Kuier agter die skerms toe dié modesessie geskiet is.
Mariska van Rooyen, SARIE-skoonheidsredakteur, vertel jou ook hoe om met die regte grimering jouself feestelik mooi te maak en uit jou grimering-groef te kom.
Ons het spesiaal vir jou ’n prag-geskenk- én Kerskaartjie ontwerp. Laai dit gratis af en druk uit op papier van jóú keuse.
Verwante artikels
-
Akteur Marlon Roelfze: Dít herinner my aan Kersfees
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Die geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009
Ons onthou spesiale dae deur hul kleure én geure. 6 bekendes deel hul koester-herinnerings om Kersfees
-
Dunay Nortjé: Dié reuk herinner my aan Kersfees
SARIE - Desember 2009
-
Kersfees by die see: Dekor- en resep-idees
SARIE - Desember 2010
Dis die tyd vir kreef op die kole en die geraas van branders op die agtergrond. Kuier feestelik op die stoep - familie en see is jou inspirasie.
-
Maak jou eie geskenkkaartjies en Kersboom vir Kersfees 2010
SARIE - Desember 2010
Het die Kersseisoen jou alweer oorval met min tyd oor en baie om te doen?!
-
Oor Kersfees
SARIE - Desember 2010
-
Robbie Wessels se geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2





















Kommentaar