Mooi glasklokke
Glasklokke is 'n moet-hê-item vir elke vrou. Dis nie net iets wat jy gebruik om kos toe te maak as jy onthaal nie, ook die mooimaak-idees daarmee is byna eindeloos.
Jy kan bv. blomme of 'n ornament/beeldhouwerk daaronder plaas.
'n Varing onder 'n glasklok skep 'n tropiese gevoel.
En 'n mooi boek of 'n geraamde foto word 'n kunswerkie in glas toegemaak.
Nou het Tassels & Treasures die mooiste glasklokke met voëls en skoenlappers (van R455) daarop.
Kontakbesonderhede: www.tassels.co.za of 012 460 6358.
















Kommentaar