Skep só 'n muur-galery

Deur Lounette Fourie en Anita Rossouw, SARIE - November 2009

Skep só 'n muur-galery Foto’s: Inge Prins Galery

Sitplek soos dié riempiesbank is nuttig in ‘n voorportaal. Dit is ook die ideale plek vir ‘n galery-muur.

Beplan jou galery-muur só:

Kry die formasie vir jou raamgalery só makliker reg – dit voorkom ook dat jy spykers op verkeerde plekke inkap:

Pak die rame op die vloer of op ’n groot tafel en knip bruinpapier uit in elkeen se grootte. Plak dié bruinpapiervorms met maskeerband op die muur. Nou kan jy die “rame” maklik rondskuif. Wanneer jy tevrede is, kap die spykers volgens die papiervorms in en hang elke raam op sy plek.

WENK 1: Te veel rame vir jou galery? Laat ’n paar teen die muur leun vir ’n informeel-stylvolle gevoel.

WENK 2: Dit is makliker om portrette te hang as jy met ’n reguit lyn onder of bo en aan die een kant van jou galery-muur werk.


Verwante artikels

  • Breipatroon vir mantel (shrug)

    Breipatroon vir mantel (shrug)

    SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1

    Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.

  • Hekelpatroon vir teemus

    Hekelpatroon vir teemus

    SARIE - Junie 2009

    "'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin

Kommentaar

  • Sarie, ons kap nie meer spykers in nie, ons is almal vroue van die negentigs wat n boor behoort te kan gebruik. Ons boor gate en doen dit reg!

    2de Des. 2010, 08:36

Web Development by FormFunction