FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Pastelle is nie pieperig nie

Pastelkleure is lankal nie net vir slaapkamers en kinderklere nie. Dit kan pas in enige huis, enige vertrek, dis kalmerend en werk saam met die meeste kleure.

1. Dit pas by helder kleure

Hou dit eenvoudig. As jy so ’n helderkleurige bank van Sofa Company kies, is dit nie nodig vir allerhande fieterjasies soos hope kussings nie. Die muurkleur is Plascon se Scented Candle R6-D2-3.

pastel 1

FOTO Henk Hattingh

2. Kies klassiek

Ligte grysblou is ook die perfekte pasmaat vir ’n pastelkleurige palet. Kies so ’n klassieke stoel (R5 995) van Block & Chisel as vertrekpunt.

pastel2

FOTO Block & Chisel

 

3. Wees prettig

Hang ’n vrolike sambreel (of serp of krale) op saam met papierversierings. Die ombré plakpapier is Ibiza van Eijffiinger, Dreamweaver Studios (www.dreamweaverstudios.co.za)

pastel3

FOTO Henk Hattingh

 

4. Pienk vir die kombuis

Die fluitjieketel van Le Creuset  laat tee en koffie sommer lekkerder proe.

100 % of original

FOTO Le Creuset

 

5. Steek blomme in

Blomme en blare lyk nog mooier in ’n pastelkleurige vaas (R199) van H & M.

pastel 5

FOTO H & M

Lees nou

Kies koper en sy pelle

Só lyk strooikussings die seisoen

Maak tuin uit die kombuis