FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Rakke vir die kombuis

’n Kombuis het altyd te min pakplek. Benut jou muurspasie om so pakplek en uitstalruimte te skep.

1. Rakke met kleurkontras

In hierdie klein kombuis is rakke op eenvoudige stutte geïnstalleer. Dit is op ooghoogte gedoen met die rak en onderste gedeelte van die muur in dieselfde skakering geverf. Die boonste gedeelte van die muur en plafon is wit wat ’n illusie van ruimte en hoogte skep. Die vloer is swart en wit Marley teëls van Floorworx.

rak1

FOTO Ryno

 

2. Van muur tot muur

In die ruim en goed toegeruste kombuis is ’n smal rak bo die werkoppervlak opgesit. Die koffiemasjien, koffiebone, suiker en broodrooster is byderhand op die werkoppervlak en die koppies, melkbekers is byderhand op die rak. Elkeen kan homself hier help.

rak2

FOTO Ryno

 

3. Koop dit

As jy ’n selfdoen entoesias is, kan sulke sweefrakke met volledige instruksies en bykomstighede by hardewarewinkels gekoop word. Maak seker van die drakrag van die rakke sodat jy dit nie te swaar laai nie.

rak 3

FOTO Ryno

 

4. Doen dit self

Die rakke strek van muur tot muur (dit is nie ’n groot area nie).  Die rakke word op  stewige houtblokke gemonteer, wat ooreenstemmend in die hoeke vasgeskroef word. Plaas hierop jou stewige houtplanke wat presies volgens die muur tot muur mate is. Die eerste rak is lekker laag sodat skottelgoed weg pak nie ’n rek en strek stryd word nie.

rak4

FOTO Henk Hatting

 

5. Klop die begroting

Hierdie kombuis lyk indrukwekkend maar is op ’n baie ekonomiese manier gedoen. Die heldin is definitief die dennehout rak wat bo die teëlwerk opgesit is. Hiervoor het jy ’n dik plank nodig waarin ’n rawl bout (rawl bolt) gemonteer kan word. Installeer eers die bout in die muur en dan in die plank. (Doen navraag by jou hardewarewinkel as jy dit nog nie vantevore gedoen het nie). Dit het ’n mooi sweefrak voorkoms. Die teëls is standaard 20 x 20 cm grootte teëls wat by meeste hardewarewinkels teen ’n baie billike prys gekoop kan word.

rak 5

FOTO Ryno

 Lees nou

5 mooiste kantore vir jou huis

Steek die kerse aan

Versier uit die natuur