FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Rek jou pakplek

Pakplek is altyd te min. Maak slim planne om los goed netjies te bêre en plek te spaar.

1. Gaan ysterwarewinkel toe

Hierdie staalrakke werk in enige vertrek, van die motorhuis tot die leefvertrek. Gebruik dit in die kombuis vir resepteboeke en breekgoed, in die badkamer vir handdoeke, of in die kinderkamer vir speelgoed of selfs klere. In jou leefvertrek kan dit ’n mooi uitstalrak wees.

FOTO Ryno

FOTO Ryno 

2. Span die stoep of balkon in

Nog ’n vonds uit die ysterwarewinkel is so ’n gereedskapskis van metaal wat dig sluit. Bêre los goed hierin. Dit maak ook ’n lekker praktiese koffietafel.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

3. Trek vir ’n tafel ’n rok aan

Laat saag ’n halfmaan uit laaghout of saag ’n ongebruikte ronde tafelblad middeldeur. Laat sny ook ’n glasblad volgens hierdie mate (opsioneel). Verf die houtblad met ’n oliebasisverf in die kleur van jou keuse en laat dit droog word voordat jy dit met twee L-hake teen die muur monteer. Trek ’n “rokkie” vir die tafel aan deur ’n omsoomde lengte materiaal te plooi en met drukspykers om die tafelrand vas te sit. Bêre los goed wat jy nie elke dag gebruik nie, agter hierdie gordyn.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

4. Hang die bedkassie op

Prakseer so ’n plan om jou vloerspasie oop te hou. Trek ’n laaghoutblad oor met materiaal en hang dit teen die muur op. Monteer ’n klein rakkie met L-hake daarop vir jou leesboek. Stik groot lusse in ’n lang lengte materiaal sodat tydskrifte daarin gebêre kan word.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

5. Gebruik muurspasie

’n Kapstok kan vir baie meer gebruik word as net vir hoede en jasse. Span dit ook vir allerlei in die kombuis, badkamer, slaapkamer en kinderkamer in. Ons het ’n stuk dryfhout en vier hakies gebruik om hierdie kombuiskapstok te maak.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Lees nou

Mooier vir onder R200

Hoe lyk dekor in 2017?

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit