sr1306decor_3_rz
Maak dit self

Romantiese liggies

As jy gehekelde doilies het wat jy nooit gebruik nie, maak gerus ’n oulike lig of twee daarvan. Gebruik LED-gloeilampe wat nie warm word nie.

Benodigdhede

• skoongewaste 2 liter-koeldrankbottel van deursigtige plastiek

• boor en boorpunt

• mediumgroot doilie

• Elektriese koord met ’n konneksie waarin ’n gloeilamp pas (te koop by ysterware- en elektriese winkels)

• kragprop

Maak so

Pas doilie oor die bodem van die bottel en merk waar jy die bottel moet afsny. Die plastiek moenie uitsteek nie. Gebruik ’n kombuisskêr of matmes en sny bottel af.

Boor ’n gat in die middel van die bodem en drapeer die doilie oor die afgesnyde bottel. Ryg koord deur bottel en middelste gaatjie van doilie.

Konnekteer die gloeilamphouer.

Heg die elektriese koord aan ’n kragprop of konnekteer die krag in die plafon.

Kyk die video hier:

Lees nou

Hekel fyn blommetjies

Hekel ’n oortreksel vir ’n bankie

Gee ou plantpotte nuwe lewe