warmte2 (1)
Dekorstories

Dekor vir winterwarmte

Soos wat jy jou klerekas met die seisoen verander, doen jy dit ook met dekor. Dis nou tyd om vir jou huis ’n winterbaadjie aan te trek. Met elektrisiteit wat al duurder raak, is daar tog ’n paar dinge wat jy kan doen vir ’n knus en warm gevoel sónder om heeldag verwarmers aan te skakel.

1. Slaap lekker warm deur jou bed snoesig te maak met ekstra lae, van winterlakens tot ’n  mooi kombers wat jy maak van stroke fluweelmateriaal. Vervang jou somerduvet met ’n winterduvet. Besoek gerus Granny Goose vir ’n groot verskeidenheid luukse beddegoed.

warmte1

FOTO Ryno

2. Span kleur en tekstuur in om ’n leefarea warmer te laat voel. Daar’s niks wat kom by sonnige geel nie. Probeer gerus Dulux, kleur Golden Fern 3. ’n Mat met ’n pool is lekker sag en snoesig onder jou voete. Gaan soek by Belgotex-vloere vir ’n mat waarvan jy hou.

warmte2 (1)

FOTO Ryno

Wat is jou slaapkamer-styl?

3. Gooi ’n gebreide kombers (of ’n foppels) oor jou bedkopstuk. Druk dit styf agter die matras in en jy het ’n splinternuwe kopstuk vir die koue maande. Skep ’n laag-op-laag-voorkoms met verskillende teksture kussings en ekstra komberse.

warmte3

FOTO Ryno

4. Laat maak ’n los oortreksel vir jou ottoman van winterstof (dit kan selfs jas-materiaal wees) om jou vertrek van somer na winter te neem.

warmte4 (1)

FOTO Ryno

  1. Die foppels-deken van Weylandts is net wat jy nodig het teen die winterkoue.

warmte5

Lees nou

Voor die venster