FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Slim met spasie in klein ruimtes

Huise en vertrekke word al kleiner, maar daar is altyd ’n plan te maak as jou leefruimte min is. Sorg dat jy vir verskillende take en funksies ’n spesifieke ruimte organiseer en jou plek voel dadelik groter.

1. Pleks van ’n bedkassie

Gebruik die muur langs jou bed as stoorplek. Trek ’n lang plank oor met materiaal – kram dit aan die agterkant vas met ’n kramgeweer. Monteer hieraan ’n verstelbare liggie, boor ’n gat deur die plank vir die elektriese koord. Skroef ’n plankie aan die onderkant van die plank, so hoog soos jou bed en so breed soos ’n boek. Maak ’n tydskrifrak van ’n lang strook materiaal wat jy in 2 groot lusse vou en vasstik. Stik 2 lussies op die hoeke van die sak vas en skroef 2 mooi hake ooreenstemmend op die plank vas. Hang die plank op aan ’n sterk lint wat jy aan die agterkant stewig vaskram.

spasie1

FOTO Ryno

 

2. Jou eie klein boudoir

’n Halfmaan-tafeltjie (te koop by winkels soos Sheet Street) vat baie minder plek as ’n ronde tafel. Laat sny ’n spieël so groot soos die tafelblad en sit dit bo-op. Knip ’n strook materiaal volgens die hoogte en 2 maal die halfsirkelmate + some. Vou plooie aan bokant en kram aan tafelrand vas. Plaas lint bo-oor en kap vas met stoffeer-klinknaels. Hang ’n mooi spieël teen die muur daarbo.

spasie2

FOTO Ryno

 

3. Tuiskantoor

Soms moet jy by die huis werk en dit is soveel makliker as daar ’n ingerigte werkstasie is. Gebruik ’n klein tafeltjie en stoel wat gemaklik sit. Kartonboksies lyk mooi en kan dien as stoorhouers. ’n Smal muurrak bokant die tafel bied ekstra pakplek.

chair, table and vase

FOTO Ryno

 

4. Papierwerk

Span ’n skottelgoedrak in om jou rekeninge en ander papierwerk te orden. Hou ook ’n paar groete- of verjaardagkaartjies hier.

Spasie4

FOTO Ryno

 

5. Stokperdjie-skinkbord

Soms neem dit langer om al die benodigdhede bymekaar te kry én te hou as om jou stokperdjie te beoefen. Gebruik ’n skinkbord of die deksel van ’n groot boks en pak alles daarop uit.

spasie5

FOTO Ryno

Lees nou

Dekor praat kopstukke

Planne met ’n swartbord

Herstel dekorfoute