FOTO Donna Lewis

Maak dit self

Spesiaal en handgemaak

As jy ’n vriendin het wat iets handgemaaks waardeer, is dié gehekelde oorbelle net die geskenk om vir haar te maak.

Benodigdhede

Stewige borduurgare soos DMC nr. 8-pêrelkatoen

1,25 mm-hekelpen

Hekel so

Begin met 4 kettingsteke(ks) en las met ’n glipsteek (gs) in eerste ks om ’n ring te vorm.

1e rondte (rdte):  hekel 12 kortbene (kb) in die ring.

2e rdte: Hekel 2 kb in elke kb.

3e rdte: Hekel 1 kb in elke kb. Herhaal die twee rdtes nog 2 keer en heg af.

Werk los drade netjies weg. Indien verkies, ryg gare deur ’n pêrel en ’n klein glaskraletjie en werk aan onderkant van elke oorbel vas. Haak ’n oorbelhakie aan die bokant van elke hekelsirkel deur.

Lees nou

Kies koper en sy pelle

Hekel dit spesiaal vir Kersfees

Geskenk in ’n blik of boks