FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Steek die kerse aan

Skep ’n romantiese en warm atmosfeer met kerse − in jou sitkamer, badkamer en selfs op die stoep.

1. Hang ’n kers-kandelaar in jou badkamer om bad ’n luukse ervaring te maak. Mr Price Home het ’n mooi verskeidenheid. Herhaal die kandelaar as daklig.

sr0110dekor09.tif

FOTO Inge Prins

 

2. As kaggel aansteek vir jou te veel werk is of as jy in ’n rookvrye area woon, pak dan jou kaggel vol kerse en steek dit aan vir mooi sagte lig en atmosfeer.

kerse2

FOTO Ryno

 

3. Kerse hoef nie altyd op ’n tafel te staan nie. Hang dit op in interessante kershouers bo ’n tafel soos op hierdie stoep.

kerse3

FOTO Ryno

 

4. Niks skep atmosfeer soos kerse wanneer jy onthaal nie. Hier is ’n versameling mooi kershouers gebruik om ’n interessante hoekie te skep.

kerse4

FOTO Henk Hattingh

 

5. Groepeer kerse saam vir maksimum impak. Voeg daarby ’n interessante ornament en ’n paar boeke vir diepte en tekstuur. Rond dit af met iets teen die muur soos hierdie groot muurhorlosie (soortgelykes by Mr Price Home).

kerse5

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Dekor vir winterwarmte

Versier jou huis snoesig met wol!

Voor die venster