FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

VIDEO: Stoffeer ’n ou stoel

Wil jy een van jou stoele se sitplekke stoffeer? Ons wys jou ’n maklike manier hoe! Kyk die stap-vir-stap-video en doen dit sommer self:

Benodigdhede

• liggewig-stoffeermateriaal (ons het die ontwerp Bush Beauties van Hertex Fabrics gebruik)
• watteersel
• kramgeweer
• skroewedraaier

Maak so

Lig krammetjies uit ou oortreksel met skroewedraaier.

Verwyder ou oortreksel.

Sny watteersel so groot soos bokant.

Gebruik ou oortreksel as patroon, plaas op nuwe materiaal en knip nuwe een effe groter.

Plaas bo-op om te sien of patroonplasing reg is.

Dop om, vou materiaal om en kram vas. Begin altyd in die middel.

Kram teenoorstaande rand vas.

Doen ander twee sye op dieselfde wyse.

Knip materiaal by hoeke effe weg.

Vou al vier hoeke dieselfde en kram vas.

Plaas ’n stukkie materiaal aan agterkant om rou rande toe te maak en kram vas.

Plaas sitplek terug in stoel.