kleur 190x290
Dekorstories

Top-10 kleure vir 2017

Pantone, internasionale kleur-analiste, het onlangs hul top-tien modekleure vir volgende jaar aangekondig. Hierdie kleure gaan ook na dekor oorspoel. Ons wys ’n paar dekor-items in die gewilde kleure. 

Pantone se top-10 kleure:

1. Primrose Yellow: Sprankelend, warm en energiek.

2 Pale Dogwood: Onskuldig, kalm en puur.

3 Hazelnut: Natuurlik, aards en ongekusteld.

4 Island Paradise: Dromerig en kalmerend.

5 Greenery: Verfrissend en laat jou lus voel om eksperimenteer.

6 Flame: Uitbundig en prettig.

7 Pink Yarrow: Tropies en feestelik.

8 Niagara: Gemaklik en ontspanne.

9 Kale: Roep die natuur op, vrugbaar en vernuwend.

10 Lapis Blue: Sterk, stralend en selfversekerd.

top 10 kluere

Só gebruik jy die top-10 in jou huis:  

Geel gee ’n vertrek sprankel

Hierdie pragtige bank in geel fluweel sal jou leefarea laat sprankel (R8 995), Block & Chisel.

PAUL0008

FOTO Block & Chisel

 

Ligblou vir kalmte

’n Klein glaslantern vir binne of buite (R19,99), Mr Price Home.

02_7202018915_SI_11 copy - Copy

FOTO Mr Price Home

 

Flambojante rooi of pienk

’n Klassieke kas in’n moderne kleur sal by enige voorkoms pas (R19 495), Block & Chisel.

b & C 19 495 - Copy

FOTO Block & Chisel

 

Blou vir selfvertroue

Die laaikas sal’n groot impak maak in ’n slaap- of sitkamer (R12 995), Loft Living.

loft living 3 - Copy

FOTO Loft Living

 

Groen vir vernuwing

’n Kleur wat baie in dekor gesien gaan word, van mure na meubels en plantpotte (R1 895), Loft Living.

loft living 4

FOTO Loft Living

Lees nou

Seisoen se see-trend

Maak so met ou bottels

Dekor: tropiese trend