SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Tuindag

TUINDAG: Maak jou eie kruiekans

Op Sondag 9 Oktober gaan Suid-Afrika sy heel eerste nasionale Tuindag vier! Oor die hele land kan vriende, familie en geliefdes saam kuier in hul tuine, op hul balkonne en in botaniese tuine. 

Daar is net iets omtrent die geur van kruie. Of dit nou in die tuin, in jou kos of in jou huis is, die geur van kruie maak jou rustig en gelukkig. SARIE-kosredakteur Herman Lensing wys jou hoe om jou eie kruiekrans te maak – spesiaal vir #TuindagSA.

Soos Herman sê: “Kruie is soos parfuum vir jou kombuis!”

Wat is #TuindagSA?

Sondag 9 Oktober is ’n geleentheid om jou tuin of selfs enige tuin saam met geliefdes en vriende te geniet! Nooi hulle om saam met jou te kuier.

Besoek Garden Day vir meer inligting oor Tuindag. Maak seker om die hutsmerk #TuindagSA te gebruik wanneer jy foto’s van jou Tuindag-vieringe deel.

Besoek ook Garden Day SA se Facebook -blad en volg @gardendaysa op Twitter en Instagram vir lekker tuindag-wenke.

FOTO @garden

FOTO @gardenSA

Nóg stories spesiaal vir jou eerste #TuindagSA:

6 wenke om ’n groentetuin te maak

5 tuinwenke vir lente

Maak tuin uit die kombuis

3 voordele van tuinmaak

Hou jy van mooi tuine? Dan sal jy mal wees oor die Kaapstadse Blommeskou van 27 – 30 Oktober – lees HIER meer.

Blommeskou Instagram