Hout3
Dekorstories

Van houtskywe- en stompe gemaak

Buiten dat hout ons herinner aan warm aande voor kaggelvure met warm drankies, het dit ook nut vir vele ander mooi gebruiksartikels in jou huis.

*Wenk: As jy self iets van ’n houtskyf wil maak, sorg dat dit goed droog is, anders kan dit kraak.

1. Uitgeholde boomstompe wat behendig deur ’n skrynwerker op ’n draaibank gedraai is, maak besonderse planthouers. Dit kan by bloemiste of kwekerywinkels gekoop word.

Foto Ryno

FOTO Ryno

2. Broodplanke raak al hoe mooier met jare se was en gebruik. Dit kan selfs versamelstukke word.

Hout2

FOTO Ryno

3. Maak self ’n oulike tafeltjie van houtskywe, gesaag van indringerbome. Skroef pote aan die onderkant vas. Los pote is te koop by ysterwarewinkels.

Hout3

FOTO Ryno

4. Dié groepie langbeentafels van herwonne hout het gehekelde sokkies aan. Dit kan maklik rondgeskuif word sonder om die houtvloer te krap.

Hout4

FOTO Ryno

5. As jou woonkamer koud en strak voel, is dié koffietafel van saamgegroepeerde houtstompe ’n goeie keuse. Te koop by Weylandts.

HOut5

FOTO Verskaf

Lees nou

Bad, salige bad

Laai jou kalender vir Julie af

Rakke vir die kombuis