FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Verf jou meubels so

As jy met erfstukkies of tweedehandse meubels sit waaroor jy nie te gaande is nie, sal jy verbaas wees oor wat ’n laag verf kan doen. En moenie skrikkerig wees vir ’n geverf nie. Dit gaan gouer as wat jy dink en dis o, so terapeuties.

Jy het nodig:

NB: Hout en metaal word altyd met emaljeverf geverf

Dulux Pearlglo is ’n waterbasis-emaljeverf – jy kan dus jou kwasse net met water skoonmaak en die droogword is ook baie vinniger as konvensionele emaljeverf.

Onderlaag – Doen gerus die moeite om ’n onderlaag te verf, want dit laat verfwerk langer hou en afwerking lyk professioneel.

Terpentyn – Die onderlaag het ’n oliebasies en jou onderlaagkwas moet daarmee skoongemaak word.

Skuurpapier – Dit moet nr.-80-grein wees; lees op die agterkant van skuurpapier.

Kwasse van goeie gehalte, of ’n klein sponsroller

Maak so:

Was die meubelstuk met warm water en opwasmiddel sodat dit skoon en vetvry is. Laat droog word. Skuur dit effens. ONTHOU: Jy hoef nie tot op die rou hout te skuur nie. As daar ’n laag vernis oor is, skuur jy net tot dit nie meer blink nie en die vernislaag “gebreek” is. Geverfde meubels kan ook doen met ’n vinnige afskuur sodat die verf beter sal klou. Vee weer af met ’n nat lap om alle stof te verwyder en verf die onderlaag as nodig. Reeds geverfde meubels hoef nie ’n onderlaag te kry nie. Laat oornag droog word. Verf in ’n kleur van jou keuse, wag tot dit kurkdroog is en verf laag twee. Indien nodig kan ’n derde laag ook geverf word.

1. Turkoois vir kalmte 

Dit is ’n kalm kleur en een van die gewildste skakerings. Dit werk veral goed as jy ’n klein ontploffing kleur in ’n vertrek nodig het. ’n Soortgelyke kleur is Dulux se Summer Medley 2

verf 1

FOTO Ryno

 

2. Baldadige pienk 

As jy ’n waaghals is, verf jou klavier pienk. Kies ’n kleur soos Dulux se 62RR 21/444.

verf2

FOTO Henk Hattingh

 

3. Trendkleur 

Van die internasionale kleuranalis Pantone se toptien kleure vir 2017 is die groen skakerings Kale en Greenery. Dit word ook voorspel dat groen dalk dié kleur gaan word. Verf ’n ou kas of twee in ’n vars groen soos Dulux se 90GY 16/354.

sr0104wooninsp4.tif

FOTO Inge Prins

 

4. Erfenisgroen 

Dis ’n mooi kleur as jy van tradisionele meubels hou, maar nog jou hand aan ’n verfwerkie wil slaan. Kies iets soos Dulux se Emerald Delight 2

verf4

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Maak jou badkamer nuut – 6 idees

Só lyk die Afrika-trend

Dié prins hou van pienk