FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Versier uit die natuur

Die natuur is en bly die grootste inspirasie vir ontwerpers. Geen wonder dat beesvelle, huisplante en elemente uit die natuur by enige dekor pas nie.

1. Skep ’n tafellandskap met optelgoed. Ja, al woon jy in die stad, sal jy verbaas wees wat die natuur jou bied. Tel mooi herfsblare op of ’n tak wat afgewaai het en groepeer dit saam in glaspotte en verras met ’n fyn kant sakdoek, en kombineer dit met ’n moderne lig en ’n antieke prent.

Dier1

FOTO:Ryno

2. ’n Beesvel pas by enige dekor. Kyk hoe mooi pas dit by die ou stofie en moderne stoeltjies met hekelwerk oorgetrek.

dier2

FOTO: Henk Hattingh

3. Meng swier met die natuur. ’n Rokerige pers fluweelbank is ’n goeie pasmaat vir die garingboom, bokhorings, velletjie en die stokkieslig.

dier 3

FOTO: Ryno

4. So ’n eenvoudige krans met ’n universele boodskap is oral ewe tuis. Spuitverf die takke liggies en hang skulpe, glasstukkies, kristalkrale en silhoeëtte van voëls daaraan op.

dier 4 (1)

FOTO: Ryno

 Lees nou

Maak ’n bedkopstuk – in ’n dag!

Kuier buite – 5 wenke

5 dekor-idees vir mans