FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Plante pleks van blomme in jou huis

’n Tak, blare of selfs n plant – uitgetrek met wortels en al – lyk net so mooi soos ’n bos vars blomme. Dit hou gewoonlik ook langer.

1. Wortel en tak

Sny ’n aalwyntak af as jy ’n groot plant het en plaas dit in ’n glasvaas met net genoeg water dat die gesnyde deel net-net raak aan die water. Dit sal mettertyd wortels maak.  Of koop ’n klein aalwynplant en spoel die grond silwerskoon af voor jy dit in die glasvaas rangskik. Hou net die wortels nat. Dit hou maande lank en kan uitgeplant word as jy moeg is daarvoor.

plante1

FOTO Henk Hattingh

 

2. Raak nostalgies

Maak ’n groepering van jou emaljeware en rangskik ’n aalwyn en ’n olyftak daarin. Gebruik glasbottels daarby om tekstuur af te wissel en ’n meer moderne gevoel te skep.

plante 2

FOTO Ryno

 

3. Dankbare vetplante

Woestynrosies van elke kleur en grootte word hier met blombolle en nog aalwyntakke gekombineer. Skep verskillende hoogtes met glaspotte en as jou potte almal ewe groot is, sit mooi boeke onder jou vaas (sorg net dat die bodem droog is) om só verskillende vlakke te maak.

plante 3

FOTO Ryno

 

4. Groente kan ook werk

So ’n sierkool met sy pers kroon lyk mooi saam met ’n bak eiervrugte. Gebruik jou hout-slaaibakke as vase en sit ’n klein glasvaas binne-in waarin jy die kool rangskik.

plante4

FOTO Ryno

 

5. Doen dit op die stoep

As jy ’n beskutte stoep het, rangskik hier ook ’n bos geurige takke soos bloekom of selfs roosmaryn. DIt verwelkom jou gaste en ruik boonop lekker. Olivia, die kat, stem saam.

plante5

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

10 blompotte – nuut & uniek!

Nie net vir die voëls nie

Dis ’n nuwe maand! Laai jou Oktober-kalender hier af!