FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

5 goue reëls om jou meubels te rangskik

Hier is ’n paar wenke as jy twyfel hoe en waar om jou meubels te plaas sodat jou vertrek die beste vertoon en ook optimaal funksioneer.

1. Plaas jou rusbank reg

Besluit eerste waar jy die grootste meubelstuk in die vertrek gaan plaas. In die woonruimte is dit gewoonlik ’n rusbank. Gebruik dit as kamerverdeler om spasie in kleiner areas te verdeel en moet dit verkieslik nie styf teen die muur skuif nie.

decor_048

FOTO Ryno

2. Skep ’n fokuspunt

’n Groot koffietafel met ’n mooi mat daaronder dien as anker in die sitgedeelte. ’n Groot kis is gerieflik in die middel van die geselsplek en almal kan dit maklik bykom sonder om te ver te strek. As jy nie ’n groot koffietafel het nie, groepeer ’n paar kleintjies saam.

Monica8

FOTO Henk Hattingh

3. Sorg vir verkeersvloei

Laat genoeg spasie tussen meubelstukke sodat jy gemaklik kan beweeg sonder om oor meubels te val.

4. Plaas jou bed korrek

Kies die grootste muur in jou slaapkamer vir die koppenent van ’n bed en moet dit nooit teen ’n venster skuif nie. Daar moet verkieslik genoeg beweegruimte rondom die bed wees, met lig van ’n venster wat van die sykant af inkom.

HOUTBAAI4

FOTO Henk Hattingh

5. Skep ’n gevoel van “hygge”

“Hygge” is die nuwe gonswoord in die dekorwerêld. Dis Deens en beteken die kuns om goed te lewe. Die inrig van jou vertrekke speel hier ’n groot rol en moet gemoedelik en gesellig wees.

Lees nou

As jy hou van ’n aardse voorkoms

Stoffeer ’n ou stoel

Trend: Eksotiese voëls