FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

5 kandelare met ’n verskil

Daar is net iets aan lig wat teen kristal weerkaats en dit lewe gee. Dit gee dadelik ’n ander dimensie aan ’n vertrek. ’n Tradisionele kristalkandelaar kan ook ’n nuwe gedaante kry met ’n paar byvoegings, of kies iets onkonvensioneels soos ’n kandelaarplakker.

1. Kandelaar met bokhorings en porseleinskerwe

In die kookskool/restaurant African Relish in Prins Albert hang ’n kunstig versierde kandelaar deur die binneversierder en sjef Jacques Erasmus. Hy het witgeverfde bokhorings, takkies en blou porseleinskerwe, eie aan die omgewing, aan ’n tradisionele kristalkandelaar gehang.

decor_040

FOTO Ryno

 

2. Kristal, skulpe en glas

Lise Manley van Sugarshack op Paternoster het die kroonkandelaar met skulpe, bottels, ’n koppie of twee, lepels en vurke versier. Sommige hang aan lint en ander aan vislyn.

pater_074

FOTO Ryno

 

 3. Kandelaarplakker 

’n Vinielplakker in die vorm van ’n kristalkandelaar-silhoeët lyk treffend teen ’n gekleurde muur. Dis baie maklik om te plak as jy die aanwysings van die verskaffer noukeurig volg. As jy moeg word daarvoor, kan jy dit aftrek sonder om die muur te beskadig. Dit is bestelbaar by De Waal Art.

sw0911tuiskantoor (4)

FOTO Ryno

 

4. Skulpe-kandelaar (R6 995), Weylandts

 

5. Moderne kristalkandelaar (R3 995,99), The Lightning Warehouse.     

Lees nou

Plante pleks van blomme in jou huis

10 blompotte – nuut & uniek!

Nie net vir die voëls nie