FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

’n Groenigheid in jou kombuis-vensterbank is inspirasie vir elke kok en dekorliefhebber. Hier floreer plante en kruie wat jy gou-gou kan afknip vir kraakvars slaai. Hier’s ’n paar wenke om dié plante te laat floreer.

1. Jy kan jou kruie in ’n mooi glaspot oorplant. Oppas dat dit nie versuip nie, want die glaspot het nie ’n dreineringsgaatjie nie. Gee dit net ’n paar druppels water op ’n slag – kyk dat daar nie ’n dam water onderin die pot staan nie.

2. Plaas ’n dik laag klippies onderin die vaas vir goeie dreinering.

3. Hoe meer blaartjies jy knip, hoe weliger sal jou plante groei.

4. Sorg vir genoeg lig, maar verkieslik nie te veel direkte sonlig nie. Dit sal te vinnig uitdroog.

5. Gee elke dag net ’n klein bietjie water.

Lees nou

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

Plante pleks van blomme in jou huis

10 blompotte – nuut & uniek!