FOTO Eijffinger

FOTO Eijffinger

Dekorstories

Waag met kleur

Ná al die grys en beige is jy dalk lus vir ’n bietjie kleur. Trek gerus los en waag, jy sal nie spyt wees nie. Kies ongewone kleure bymekaar en jy sal sien hoe dit ’n vertrek ophelder – en hoeveel vreugde dit jou bring!

1. Geel-en-pienk

Mosterdgeel en pienk maak ’n treffende kleurkombinasie. Die muur is geplak met Eijffinger se nuutse plakpapier, Blend 363006. Navrae: Dreamweaver Studios. Kombineer dit met ’n sagte pienk. Kyk hoe mooi is die geel kussing van fluweel, ’n materiaal wat nou ’n groot terugkeer maak.

kleur1

FOTO Eijffinger

 

2. Pers-en-groen

Eiervrug-pers is een van die nuwe kleure vir die seisoen. Hier is dit met ’n sagte groen gekombineer. Die pers muurkleur is Mulberry Burst en die groen is Luscious Lime, albei van Dulux.

3. Skakerings van blou

Blou bly maar een van die gewildste kleure. Kombineer dit met ander skakerings van blou en groen. Hier is Dulux se Liberty Blue 1, Inky Pool 1 en Lime Zest 2 saam gebruik

4. Oranje-en-pienk

Dalk klink dit vir jou ’n bietjie wild, maar kyk net hoe mooi is dit. Nuut by Sofa Company, R14 999.

kleur5

FOTO Sofa Company

Lees nou

Slim raad met rame

Verf jou meubels so

Maak jou badkamer nuut – 6 idees