TussieMussie
Dekorstories

VIDEO: Weet jy wat is ’n tussie-mussie?

Dit is ’n oulike woord uit die 1400’s wat ’n klein ronde handruikertjie beskryf. Dit bestaan uit blomme en kruie wat elkeen ’n simboliese betekenis het. Dit ruik heerlik as jy daaraan raak. Gee dit vir jou beste vriendin of jou ma as ’n geskenk van liefde.

Betekenis van blomme en kruie gebruik

Rose = liefde

Varingblaar-malva = ware vriendskap

Laventel  = kalmte

“Silver dust” = uithouvermoë

Roosmaryn = onthou my

Geurmalva = begunstigde

Maak so  As jy ’n woestynrosie as middelblom gebruik, steek ’n sosatiestokkie aan die agterkant van die plant in. Rangskik daarna die roosknoppe rondom die woestynrosie en gaan so voort met die ander blomtakkies. Maak vas met ’n rekkie en rond af met ’n mooi lint.

Kyk die video hier:

Lees nou

VIDEO: Herwin jou potplanthouer met boombas!