M-Net se ‘Summertide’-sterre onthul planne vir Moedersdag
‘Summertide’, M-Net se Sondagaand familiedrama vertel die storie van ’n marinebioloog, Martin Field (gespeel deur Frank Rautenbach) en sy kinders, wat na die idilliese Valsbaai verhuis na die dood van sy vrou, Julia (Amalia Uys).