SARIE gesels met die Good Things Guy: ‘Daar is oral pêrels van positiwiteit’
Hy’s ’n aartsoptimis, sien eerder die blink kant en glo dat Suid-Afrikaners in 2024 weer hul ritme gaan kry – dit kan nie anders nie, sê Brent Lindeque, die man wat met sy goeienuus-stories sorg vir ’n daaglikse dosis hoop.